10/08/25

Trauma gedurende my kinderjare

’n meisie is op haar kaal lyfie geslaan

'n meisie is emosioneel gemanipuleer

'n meisie is binne gestremd gelaat

die geslanery aan 'n meisie deur 'n ma 

het haar gelos met geweldige skade

dit het ‘n ewigheid geduur 

sy was so beseer


'n ma se indringende vinger

het vir haar orgasmes gegee

'n ma se gebleikte hande 

het 'n meisie met breinskade gelos


dit was mishandeling met geweld 

en in daardie huis van seksuele aanranding 

was dit ook 'n penis van ‘n oupa

wat ejakuleer


laat ek jou vertel van semen

oral oor haar en in haar mond

die liggaam van 'n teer klein dogtertjie

'n oupa 

en erger en erger

'n ma — alles was so ongesond


'n vrou word gelos met peniswalging

vrees en angs en huil en pyn


haar ma se slegte mond breek haar af

rond en bont

tot in die grond

vir meer as 50 jaar — haar lewe lank

ongesond


'n meisie se beledigende siek 

narsistiese sadistiese 

ma


'n meisie se pa het nie omgegee 

hoeveel hy en die ma stry

voor hulle kinders nie


slaan en baklei en gooi goed deur die lug

die pa se buite-huwelikse liefdesverhouding

die ma kritiseer — die pa trek terug 

in nog ‘n gedig


sy maak daarna of niks gebeur het nie

sy sê nooit jammer nie


‘n meisie is beseer gelaat

'n meisie is belaglik gemaak

in die kar in die huis 

en in die kombuis


oral en altyd 

en tussenin


🦋

© Annora Eksteen, 2020



Bly-hartseer
Annora, 2023

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...