10/08/25

Traumatiese kinderheidherinneringe

altyd saam met vriende 

altyd die gekuier 

tot baie laat


vakansies en voor ander mense 

het hulle ander gesigte gewys

dit het aangehou vir soveel

jare en jare


die pa het siek gebroke gesterf


'n gebroke hart

'n gebroke man

'n stukkende huis


'n gebroke gesin

'n gebroke meisie 

wat geleef het in vrees 


al die gesigte 

die gesigte 

die vrees


'n meisie het alleen en arm agtergebly

sy besoek geen heidevelde nie

sy drink geen tee met vrugtekoek by die see


geen kersemiddagetes 

geen aande saam meer nie

geen vakansies iewers ooit weer nie

geen vrolike vrolike klokke 

saam met ou Hanshan se bokke

niemand wat haar donker gedigte lees nie


predikers sê dit is oukei om 'n kind te slaan

hulle sê dit is nie reg om gay te wees nie 

hulle praat van sonde hulle praat hope

dit kom uit hulle gapende monde 

praat, praat, praat


'n meisie hoor nie liefde nie 

'n meisie het uitmekaar geval

en verdwyn deur die vloer 

deur die valdeur in haar moer


sy was inderdaad

heluit getraumatiseerd


maar wat, sy’t geleer om te laat gaan

om maar bietjie in die son onder die son te sit


wtf … kyk noort 

beur voort hm

al was sy skoon uitgeput


gedaan


🦋

© Annora Eksteen, 2020 – 2025


Nita Malade
Annora, 2024

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...