14/09/25

In my kompartement

in treine
op paaie van ysterstawe
waarop ek afgeslote klim
en veilig vertroostend
met die klank van die wiele
op die ratelend-rustige spore
kan voortwieg op my reis
na myself

Moderne spore word egter gemaak van warm gerolde koolstofstaal of legeringsstaal (wat materiale soos mangaan, chroom of silikon bevat). 

Ek staan hier op die trein- sowel as padbrug oor die Gariep by Bethulie, in 2011, in Julie.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.

My poësie-blog / My Poetry Blog

    Annora Eksteen Since brass, nor stone, nor earth, nor boundless sea But sad mortality o’er-sways their power, How with this rage shall b...