op haar grou verlate grafsteen, sien dan
dis ‘n stukkie wat sy betitel het:
Eggo en Narsissus
narsisme is ondermeer
die egotistiese bewondering
vir eie fisieke, wesenlike
of verstandelike eienskappe
einlik net ’n arrogante trots
'n psigologiese versteuring
met dikwels openlike skaamtelose gedrag
uiters ernstig en skadelik
onsensitief vir ander se gevoelens
probeer hulle om hulleself op te pomp
deur iemand van nederige geaardheid
te verneder, te verlaag, en te verkleineer
soms selfs in 'n siek seksuele satisfaksie
dit is 'n onversadigbare, ongesonde selfliefde
waar hulle voortdurend toneelspeel
voortdurend geprys wil word
en voortdurend die opperhand wil hê
toe ek 'n kind was
was ek dikwels in die moeilikheid
hoe dit dan op aanranding uitgeloop het
hoe sy dit geniet het om my aan te val
my baie seer te maak met woorde
ook fisies, en ook seksueel
en om my te sien huil en huil en huil
het sy veral geniet
en so het sy weer beheer oor my gekry
om my te kan hiet en gebied, as ek iets sê
as ek niks sê, ek het begin om op my tande te byt
ons weet daar is baie sulke gespuis in hierdie lewe
laat mens kuns daarvan maak
laat ons vry om dit uit te druk
al was dit onmoontlik as kind, selfs vrou
ons weet daar is baie sulke gespuis in hierdie lewe
laat mens kuns daarvan maak
laat ons vry om dit uit te druk
al was dit onmoontlik as kind, selfs vrou
het ek dit tog eendag reggekry
om uiteindelik weg te ry
en nou
ons behandel mekaar
versigtig en kosbaar
soos Renosterrivier se oewerkonyn
en wys vir mekaar beeldhouwerk
nomades van die Kaokowoestyn
die kunstenaars kap die rotse
breek die uitsigte oop
as vertellers van Afrikatragedies
wat ons gedagtes vul
soos ons digby
ver die einders in ry
ons het genoeg gehad
hanteer ons uiters versigtig
ek maal altyd rond
om hierdie selfde wete
of
prontuit in my gedagtes gefluister:
fokof
om uiteindelik weg te ry
en nou
ons behandel mekaar
versigtig en kosbaar
soos Renosterrivier se oewerkonyn
en wys vir mekaar beeldhouwerk
nomades van die Kaokowoestyn
die kunstenaars kap die rotse
breek die uitsigte oop
as vertellers van Afrikatragedies
wat ons gedagtes vul
soos ons digby
ver die einders in ry
ons het genoeg gehad
hanteer ons uiters versigtig
ek maal altyd rond
om hierdie selfde wete
of
prontuit in my gedagtes gefluister:
fokof
🦋🌿
© Annora Eksteen, 2025
Bethulie se kampkerkhof met die ou grafsteentjies is baie ontroerend.
Julie, 2011

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.