en kom plak op my kop, op my tone, op my rok
en klassiek is die konservatorium
waar hulle alles bewaar behalwe Afrikaans
in die ouditorium
dit suggereer op hulle notabord
my werk is pornorafie
dis waaroor ek daar na hulle toe moes kom
maar teenie spoed van witwarm woedende lig
my werk is pornorafie
dis waaroor ek daar na hulle toe moes kom
maar teenie spoed van witwarm woedende lig
het ek daar uitgevlug
niemand het my gesoek na werk
ooit ernstig opgeneem nie
ek het my sandale uitgetrek
ek het my sandale uitgetrek
die straat in gehol en weg
met flitsende ambulansligte
helse sirenes en blitsende voete
fucking bullshit
eks so mee gespeel
eks so mee gespeel
dit rol nou by die kranse af
dit kan my nie meer skeel nie
blêddie hel, al die kaf
hulle het mossie my soi-disant prétendu pornoraphy
by Hugo Lambrechts Music Centre Parow
geleesie, liewe donner, ek ril nog steeds
van hierie nare norre onnervinding
ek wou nooit eers daar weesie
in Februarie 2018 is êk soontoe gedryf
om te onthou-onthou en toe dít dié nou
eks anyway zat betaal vir dit als en nog veel meer
en nou moet ek maar my werke aan die heelal oorgee
die ou sterre wat daar ver aanhou wink, skitter, uitbrand
hulle lig aanhou skyn vir ons in elke land
hulle praat isiZulu larrit klap larrit blink
laat ek maar nog 'n glas koue wyn skink
kon dit tog nie regkry om myself te verdrink

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.