nou al sedert Augustus en veral in die nag
dit is steeds baie koud
en die reën val liggies tussendeur
die berg verander elke dag
elke dag mooier in elke mooiste kleur
en die towenaar van die berg
vou my toe in sy reënboogmantel
my wolkesilf hang bo my
waar sy rondsweef en my beskerm
en my eendag sal opvat saam met haar
bo-oor hierdie berg wat ek sien
vanaf die hoogtes van ‘n heuwel

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.